Oopbronkode

Kenteken van die Open Source Initiative.

Oopbronkode (Engels: Open source ˈoʊpən sɔːɹs) verwys na 'n versameling van sagtewarelisensies waardeur sagteware se bronkode in die openbaar toeganklik gemaak kan word, met die veronderstelling dat dit die verdere ontwikkeling en bevordering van hierdie sagteware sal bewerkstellig.

Oopbronsagteware (Engels: Open source software) staan onder een van die Open Source Initiative (OSI) se erkende lisensies. Hierdie organisasie is bemoeid met die assessering van sagteware volgens die kriteria van die Open Source Definition, wat met die beskikbaarheid van die bronkode te doen het. Hierdie kriteria het verskeie ooreenkomste met die definisie van vrye sagteware.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search