Ooreetsteuring

Ooreetsteuring (OS) word deur ooreetepisodes gekenmerk wat nie deur kompenserende suiweringsgedrag (soos geïnduseerde vomering) gevolg word nie.

Alhoewel Ooreetsteuring een van die mees algemene eetsteurings onder volwassenes is,[1] geniet hier steuring minder mediadekking en navorsing in vergelyking met anorexia nervosa en bulimie. Die steuring is eers in 2013 in die afdeling vir eetsteurings van die DSM-5 ingesluit.[2]

Ooreetsteuring word in enige bepaalde jaar by 0.8% manlike volwassenes en 1.6% vroulike volwassenes in die V.S.A aangetref.[2]

  1. Saguy, A; Gruys, K. "Morality and Health: News Media Constructions of Overweight and Eating Disorders" (PDF). UCLA (in Engels). Besoek op 9 Julie 2021.
  2. 2,0 2,1 American Psychiatry Association (2013). Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders (in Engels) (5de uitg.). Arlington: American Psychiatric Publishing. pp. 329–354. ISBN 978-0890425558.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search