Opera

Vir die webblaaier Opera, sien Opera (webblaaier).
Cecilia Wessels, Suid-Afrikaanse sopraan.

'n Opera (meervoud van Latyn opus, of in Italiaans enkelvoud vir 'n werk) is 'n toneelstuk met sang en orkesbegeleiding. Dikwels is die hele libretto getoonset om gesing te word, maar daar is talle uitsonderings van operas waar dele van die teks gesing word, terwyl ander dele gespreek word.[1][2] Die geskiedenis van opera beslaan reeds meer as 400 jaar, met die gevolg dat 'n groot verskeidenheid vorme en style hierdie genre van musiek kenmerk. Die musiek van 'n opera kan bestaan uit 'n overture, resitatiewe, arias, ensembles, kore en ballette.[3] Onder die sub-genres wat deel van opera uitmaak is die vernaamste opera seria, opera buffa, opéra comique, tragédie en musique, singspiel en operette.[4]

  1. Brown et. al., bl.416.
  2. Randel, bl.562.
  3. Randel, bl. 562.
  4. Brown et. al., bl.416.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search