Orfeus

Orfeus
Griekse held
’n Romeinse mosaïek wat Orfeus uitbeeld omring deur diere wat hy met sy lier betower.
’n Romeinse mosaïek wat Orfeus uitbeeld omring deur diere wat hy met sy lier betower.
Simbool Lier
Ouers Oiagros en Kalliope
Sibbes Apollo, die Muses, die Grasieë
Vrou Eurudike

Orfeus of Orpheus (Grieks: Ὀρφεύς) was ’n legendariese musikant, digter en profeet in die Griekse mitologie. Die belangrikste mites oor hom gaan oor sy vermoë om alle lewende dinge en selfs klippe met sy musiek te betower; sy poging om sy vrou, Eurudike, van die onderwêreld te bevry; en sy dood aan die hand van dié wat nie sy goddelike musiek kon hoor nie. As ’n oertipe van die geïnspireerde sanger is Orfeus een van die belangrikste figure wat gelei het tot die aanvaarding van die klassieke mitologie in die Westerse kultuur; hy word uitgebeeld of genoem in talle kuns- en kultuurvorme soos poësie, rolprente, opera, musiek en skilderye.[1]

Vir die Grieke was Orfeus die stigter van die sogenaamde "Orfiese" geheime. Hy het die eer gekry vir die skepping van die Orfiese Gesange, waarvan ’n versameling behoue gebly het.[2] Altaars wat na bewering relieke van hom bevat het, is as orakels beskou. In sommige Griekse bronne word Thracië as sy geboorteplek aangegee.[3]

  1. Geoffrey Miles, Classical Mythology in English Literature: A Critical Anthology (Routledge, 1999), p. 54ff.
  2. Pausanias, Description of Greece, Corinth, 2.30.1
  3. Fritz Graf and Sarah Iles Johnston, Ritual Texts for the Afterlife: Orpheus and the Bacchic Gold Tablets (Routledge, 2007), bl. 167

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search