Otorinolaringologie

Otorinolaringologie

Otorinolaringologie of oor-neus-en-keelheelkunde is 'n gebied van die geneeskunde wat oor siektes en toestande van die oor, neus, en keel en verwante strukture in die kop en nek handel. Dokters wat in hierdie gebied spesialiseer, word otorinolaringoloë, otolaringoloë, oor-neus-en-keelheelkundiges of oor-neus-en-keelsjirurge genoem. Pasiënte versoek behandeling van otorinolaringoloë vir siektes van die oor, neus, keel, basis van die skedel, en vir die sjirurgiese bestuur van kankers en niekwaadaardige gewasse van die kop en nek.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search