Ouessant

OuessantEnes Eusa

Kaart Wapen
Vlag
 Land Frankryk
 Région (gewes) Bretagne
 Département Finistère
 Koördinate 48°28′N 5°06′W / 48.467°N 5.100°W / 48.467; -5.100
 Stigting
 Oppervlakte:  
 - Totaal 15,58 vk km
 Hoogte bo seevlak 0-64 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2009) 863
 - Bevolkingsdigtheid 55/vk km
 Tydsone UTC +1
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester Denis Palluel
 Amptelike webwerf ouessant.fr

Ouessant (Bretons Enes Eusa of Eusa, Engels Ushant) is 'n Franse eiland aan die Bretonse kus. In administratiewe opsig vorm Ouessant sowel 'n munisipaliteit asook 'n kanton wat net hierdie munisipaliteit behels. Die eiland maak deel uit van die gewes Bretagne, die département Finistère en die arrondissement Brest. Lampaul (Bretons Lambaol) is die grootste nedersetting op die eiland en sy administratiewe sentrum. Die munisipaliteit behels daarnaas 92 gehugte. In 2009 het die eiland 'n bevolking van 863 gehad.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search