Palimpses

Die Codex Ephraemi Rescriptus, ’n Griekse manuskrip van die Bybel uit die 5de eeu, is ’n palimpses.

’n Palimpses is die bladsy van ’n manuskrip waarvan die teks afgeskraap of afgewas is sodat die bladsy weer vir ’n ander dokument gebruik kon word.[1] Perkamente is dikwels van diervelle gemaak wat duur en nie geredelik beskikbaar was nie. Om geld te bespaar is dit dus hergebruik deur die vorige teks af te skraap.

  1. Lyons, Martyn (2011). Books: A Living History. California: J. Paul Getty Museum. p. 215. ISBN 978-1-60606-083-4.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search