Parool

Parool (ook bekend as voorlopige vrylating of vrylating onder toesig) is 'n vorm van vroeë vrylating van 'n gevangene waar die gevangene instem om aan gedragsvoorwaardes te voldoen, insluitend aanmelding by sy aangewese paroolbeamptes, of anders kan hy weer gearresteer word en na die tronk terugbesorg word.

Die term is afkomstig van die Franse woord parole wat spraak, gesproke woorde en ook belofte beteken. Die term het gedurende die Middeleeue begin om geassosieer te word met die vrylating van gevangenes wat hul woord gegee het.

Dit verskil grootliks van kwytskelding, amnestie of strafversagting van die vonnis deurdat 'n paroolvrye steeds beskou word as dat hy besig is om sy vonnis uit te dien. Die paroolvrye kan steeds na die tronk teruggestuur word as hy die voorwaardes van sy parool oortree.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search