Patroniem

’n Patroniem is deel van ’n mens se naam wat op die voornaam van sy pa, oupa of ’n selfs vroeër manlike voorvader geskoei is.[1][2] Dit is ook bekend as ’n patronimikum, vadersnaam of afstammingsnaam. ’n Naam wat op ’n vrou se naam geskoei is, is ’n matroniem of moedersnaam. Dit word in albei gevallle gebruik om ’n persoon se herkoms aan te dui.

Patronieme word vandag steeds gebruik, hoewel dit meestal deur patronimiese vanne vervang is. ’n Voorbeeld is die algemene Engelse van Johnson (seun van John).

  1. Willy van Langendonck. 2007. Theory and Typology of Proper Names. Berlin: Mouton de Gruyter, p. 275.
  2. Eichler, Ernst et al. (reds.). 1995. Namenforschung. Berlin: Walter de Gruyter, p. 488.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search