Poerim

Mense in kostuums tydens Poerim, druk van die Filologus Hebræo-Mixtus, 1657
Die triomf van Mordegai, skildery deur Pieter Pietersz Lastman, 1624
Ester en Mordegai skryf die briewe aan die Jode, skildery deur Aert de Gelder, 1675
Triomf van Mordegai volgens die Boek Ester 6,11.[1] Muurskildery in die sinagoge van Dura Europos, 3de eeu. Mordegai te perd, gelei deur Haman. Aan die regterkant sit Ahasveros op sy troon
'n 18de-eeuse Megillat Ester (Ester-boekrol) oor die wonderwerke van Poerim
Poerimvieringe in Jerusalem

Poerim (Hebreeus: פּוּרִים, Pûrîm, ‬, afgelei van פור‬ poer, letterlik: "lot", verwant aan Akkadies: pūru; Jiddisj: Purim of Pirem) is 'n Joodse fees wat die redding van die Jode uit die hande van Haman herdenk. Haman was volgens die Hebreeuse Bybel van plan om al die Jode binne die Achaemenidiese Ryk te vermoor. Die hele Bybelse boek Ester (Hebreeus: מגילת אסתר,‬ Megillat Ester) beskryf dié verhaal en die jaarlikse viering van dié fees word in Ester 9,20–23 bepaal.[2] Dit word op 14 Adar in die Joodse kalender gevier en val daarmee in die vroeë lente van Israel. In skrikkeljare word dit op 14 Adar II gevier.[3] In stede wat in die tyd van die Tweede Tempel ommuur was, word Poerim een dag later, op 15 Adar – die sogenaamde Sjoesjan Poerim – gevier; hedendaags is dit net in Jerusalem en 'n paar ander stede die geval.

Nes Chanoeka is Poerim een van die kleiner (na-Bybelse) Joodse feeste en bedags is dit 'n gewone werkdag.

  1. (af) "Ester 6,11". Bybel: Ester. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Besoek op 9 April 2020. Haman het toe die kleed en die perd gevat, die kleed vir Mordegai aangetrek, hom oor die stadsplein laat ry en voor hom uitgeroep: "So word gemaak met iemand aan wie die koning graag eer wil bewys!"
  2. (af) "Ester 9,24". Bybel: Ester. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Besoek op 9 April 2020. Haman seun van Hammedata die Agagiet en vyand van al die Jode, het naamlik planne gemaak om die Jode uit te roei, en hy het met die Pur, dit is met die lot, beslis om 'n geskikte dag te kry waarop hy verskrikking oor hulle sou bring en hulle sou uitroei.
  3. (nl) Lou Evers en Jansje Stodel: Jodendom in de praktijk, 6de druk, 2011. ISBN 9022558851

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search