Polifileties

Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.
In hierdie polifiletiese stamboom is die blou en die rooi groep monofiletiese groepe, terwyl die groen groep parafileties is.

’n Takson word polifileties genoem as die laaste gemeenskaplike voorsaat van alle organismes in die takson nie self tot die takson behoort nie.

’n Hipotetiese takson, "gevleueldes" – wat sou kon bestaan uit voëls, vlermuise en insekte – sou polifileties gewees het as die gemeenskaplike voorsaat nie ook ’n "gevleuelde" was nie.

Polifiletiese taksons verskil van monofiletiese taksons, waar die groep die gemeenskaplike voorsaat en al die afstammelinge daarvan insluit, en van parafiletiese taksons, waar die voorsaat wel tot die groep behoort, maar nie al die afstammelinge nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search