Potjiekos

'n Potjie prut op die vuur.
Amper reg! 'n Platboompot wat op stene maak staan is op 'n ketelbraaier.
Platboompotjie op 'n gasstoof

Potjiekos is 'n verwysing na 'n eg Suid-Afrikaanse kooktegniek wat 'n ysterpot as hoofkookinstrument gebruik. Die ysterpot is ook bekend in ander dele van die wêreld as 'n dutch-oven, en word ook ysterpot, swart pot of net potjie genoem. Die pot word gemaak uit gietyster en het 'n los deksel. Daar is verskillende groottes wat begin by 1/4 tot so groot as nommer 25. Vir die gemiddelde gesin van 4 tot 6 mense is 'n nommer 3-pot voldoende.[1] Die pot is verkrygbaar met 'n ronde bodem met drie pote, of met 'n plat bodem sonder pote.

  1. Potjiekosworld (en) , besoek op 20 Mei 2012

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search