Prince

Prince
Prince in Parys, 2009
Agtergrondinligting
GeboortenaamPrince Rogers Nelson
Ook bekend asTAFKAP
His Royal Badness
Gebore7 Junie 1958
Minneapolis, Minnesota, Verenigde State
Sterf21 April 2016 (op 57)
Chanhassen, Minnesota, Verenigde State
GenresPop
Beroep(e)Musikant, akteur
InstrumenteStem
Jare aktief1976–2016

Prince Rogers Nelson (7 Junie 195821 April 2016), beter bekend onder sy verhoognaam Prince, was 'n Amerikaanse popster, liedjieskrywer, multi-instrumentalis en akteur. Prince het in 1979 bekendheid verwerf met die liedjie I wanna be your lover, waarna treffers soos Purple Rain, Kiss en When Doves Cry gevolg het. Hy was ewe bekend vir sy flambojante verhoogpersoonlikheid.

Prince het erotiese lirieke met funkrock en tegnologie vermeng. Tien van sy albums het platinumstatus behaal en dertig van sy enkelspelers het die top 40-treffersparade gehaal.[1] Wêreldwyd het hy meer as 100 miljoen albums verkoop, wat hom een van die besverkoper-kunstenaars van alle tye maak.[2][3] Hy het in totaal sewe Grammy-,[4] 'n Golden Globe-,[5] en 'n Academy Award ingepalm.[6][7] Die Rolling Stone-tydskrif het Prince 27ste op sy lys van die 100 Grootste Kunstenaars van Alle Tye geplaas.[8] en in 2004 is hy op die Rock and Roll Hall of Fame vereer.[9]

Van 1993 tot 2000 het hy sy naam na 'n simbool, wat soos O(+> lyk, verander. Aangesien hierdie simbool nie uitgespreek kan word nie, is hy "die kunstenaar voorheen bekend as Prince" genoem. Behalwe sy musikale loopbaan, was hy ook 'n "talentpromotor" vir kunstenaars soos Sheila E., Carmen Electra, The Time en Vanity 6.[1]

  1. 1,0 1,1 History of Rock and Roll, Thomas Larsen, page 243. Google Books. Besoek op 18 Maart 2010.
  2. Misani (12 April 2011). "Prince brings early Valentine's Day gift to NYC". New York Amsterdam News (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Februarie 2019. Besoek op 19 Junie 2012.
  3. "Newspaper gives away Prince CDs" (in Engels). BBC news. 15 Julie 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2019. Besoek op 25 April 2010.
  4. "Grammy search database" (in Engels). National Academy of Recording Arts and Sciences. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2010. Besoek op 27 Februarie 2010.
  5. "Golden Globe Awards". goldenglobes.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Oktober 2012. Besoek op 27 Februarie 2010.
  6. "Nominees & Winners for the 57th Academy Awards" (in Engels). Academy of Motion Picture Arts and Sciences. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2014. Besoek op 27 Februarie 2010.
  7. "Tavis Smiley". pbs.org. 27 April 2009.
  8. Thompson, Ahmir (24 Maart 2004). "100 Greatest Artists". Rolling Stone.
  9. "Tavis Smiley". pbs.org. 27 April 2009.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search