Projekbestuur

Projekbestuur is die dissipline wat hom bemoei met die organisering en bestuur van hulpbronne op so 'n wyse dat hierdie hulpbronne ál die werk lewer wat vereis word om 'n projek binne die bepaalde werksomvang, tyd- en kostebeperkings te voltooi. 'n Projek word gesien as 'n tydelike en eenmalige poging om 'n unieke produk of diens te skep. Die feit dat dit eenmalig en tydelik is onderskei dit van prosesse of bedrywe wat permanente of semi-permanente voortdurende funksionele werk is om dieselfde produk of diens oor-en-oor te vervaardig. Die bestuur van hierdie twee stelsels is dikwels baie verskillend en vereis anderste tegniese vaardighede en filosofie, wat dus die ontwikkeling van projekbestuur as 'n dissipline opsigself noodsaak.

Die eerste uitdaging van projekbestuur is om te verseker dat 'n projek gelewer word binne die raamwerk van die bepaalde beperkinge. Die tweede, meer ambisieuse, uitdaging is die optimale toekenning van hulpbronne en die integrasie van hierdie insette benodig om die voorafbepaalde doelwitte te bereik. Die projek is daarom 'n versigtig gekose stel aktiwiteite wat gekies word met die doel om die hulpbronne (tyd, geld, mense, materiale, energie, ruimte, voorrade, kommunikasie, kwaliteit, risiko ens.) sodanig in te span dat die voorafbepaalde doelwitte bereik word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search