Protestantisme

Die Slotkerk te Wittenberg, die plek waar Luther sy 95 stellings openbaar gemaak het.
Die eerste 25 van Luther se 95 stellings

Die Protestantisme is soos die Rooms-Katolieke Kerk en die Ortodokse Kerk een van die belangrikste strominge in die Christendom. Die beweging het ontstaan in die 16de eeu na 'n wegbreek van die Rooms-Katolieke Kerk nadat verskillende teoloë, onder andere Maarten Luther, Huldrych Zwingli en Johannes Calvyn, in konflik geraak het met die Rooms-Katolieke Kerk oor die leer en praktyk in die kerk.

Van die grootste verskille met die Rooms-Katolieke Kerk is:

  • Die gesag van die pous word nie erken nie.
  • Maria en die heiliges word nie vereer nie.
  • Slegs twee sakramente (doop en nagmaal) in plaas van sewe.
  • 'n Sinodale struktuur eerder as 'n biskoplike regering.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search