Publiek

Verskeie vorme van openbare vervoer, insluitend busse, treine en taxi's, word deur die publiek gebruik om by hul bestemmings te kom.

Publiek is die versamelnaam vir die mense, die volk, burgers of die gemeenskap van ’n land. Vandaar begrippe wat die burgers raak, soos publieke administrasie, publieke reg, publieke opinie (ook openbare mening genoem), publieke onderneming (teenoor private onderneming) en ander publiek-verwante samestellings.

In Afrikaans word “publieke” soms met die woord “openbare” vervang, insluitend openbare finansies, openbare sektor, openbare bestuur, openbare gesondheid, openbare parke en paaie en selfs openbare betrekkinge (Engels: public relations). Dit is gevolglik uitruilbaar.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search