Puyi

Puyi
Keiser van China
Puyi as keiser van die Mantsjoe-Qing-dinastie.
Puyi as keiser van die Mantsjoe-Qing-dinastie.
Regeer 2 Desember 1908 – 12 Februarie 1912
1 Julie 1917 – 12 Julie 1917
Volle naam Aisin-Gioro 'Henry' Puyi
Geboortenaam Aìxīnjuéluó Pǔ Yí
Titels Keiser van die Qing-dinastie
Gebore 7 Februarie 1906
Oorlede 17 Oktober 1967
Voorganger Guangxu
Opvolger Geen
Gades Wan Rong
Wen Xiu
Tan Yuling
Li Yuqin
Li Shuxian
Kinders Geen
Adellike huis Qing
Vader Zaifeng, 2de prins Chun
Moeder Youlan, 2de prinses Chun

Puyi (19061967) was die laaste keiser van die Qing-dinastie en dus ook van China. Hy is aan die einde van 1908 tot keiser gekroon – nog nie eens 'n volle drie jaar oud nie – en het onder die naam Xuantong regeer tot sy abdikasie op 12 Februarie 1912. Hy is daarna op 'n keer weer tot keiser uitgeroep, maar het die troon minder as twee weke lank beset, naamlik van 1 tot 12 Julie 1917. In 1934 word hy deur die Japanners as keiser Kangde oor die vasalstaat Mantsjoekwo (ook Mantsjoerye) aangestel, en hy "regeer" tot die einde van die Tweede Chinees-Japannese Oorlog in 1945. Hy is egter weinig meer as 'n willose handpop van die Japanners. Hierna volg ’n tyd waarin hy as gevangene totale vernedering ervaar totdat hy uiteindelik amnestie ontvang en as gewone man sy eie potjie moet krap. Hy het in 'n dieretuin gewerk, maar moes op 'n keer ook die strate vee. Hy is in 1967 weens natuurlike oorsake oorlede.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search