Radiaal

'n Hoek van 1 radiaal onderspan 'n boog gelyk in lengte aan die radius van die sirkel.

Die radiaal, in wiskunde, is 'n eenheid van hoekmeting wat gelyk is aan 180/π grade, of ongeveer 57,2958 grade. Dit word voorgestel deur die simbool "rad" of, minder algemeen, deur die boskrif c (vir "circular measure"). 'n Hoek van 1,2 radiaal word geskryf as "1,2 rad" of "1,2c". Aangesien die radiaal die standaard eenheid vir hoekmeting in wiskunde is word die simbool "rad" egter byna altyd weggelaat. In die afwesigheid van enige simbool word radiale aangeneem en word die simbool ° gebruik om aan te dui wanneer grade bedoel word.

Die radiaal was te vore 'n SI aanvullende eenheid, maar die kategorie is in 1995 afgeskaf en dit word nou as 'n SI afgeleide eenheid beskou. Die SI-eenheid vir 'n soliede hoekmeting is die steradiaal.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search