25°43′40″N 32°36′38″O / 25.72778°N 32.61056°O
Ramesseum | ||
![]() | ||
'n Lugfoto van Thebe se Ramesseum, wat die pilare en bygeboue wys. | ||
Land | ![]() | |
Soort | Dodetempel | |
Streek | Deir el-Bahari, Bo-Egipte | |
Geskiedenis | ||
Bouer | Ramses II | |
Gestig | 13de eeu v.C. | |
Kulture | Antieke Egipties | |
Unesco-wêrelderfenisgebied | ||
Deel van | Thebaanse Dodeakker | |
Tipe | Kultureel | |
Kriteria | i, iii, vi | |
Verwysing | 87 | |
Inskripsie | 1979 (3de sessie) | |
Streek† | Arabiese state | |
Beskrywing* | Thebe en sy nekropolis | |
† Streek soos deur Unesco geklassifiseer. * Naam soos op die Wêrelderfenislys |
Die Ramesseum is die dodetempel van farao Ramses II ("Ramses die Grote"). Dit is in die Thebaanse Dodeakker in Bo-Egipte geleë, aan die westeroewer van die Nylrivier en oorkant Thebe (die moderne stad Luxor).
Die Franse naam, Rhamesséion is geskep deur Jean-François Champollion, wat die ruïnes van die terrein in 1829 besoek het en die eerste persoon was wat besef het die hiërogliewe teen die mure spel Ramses II se naam en titels. Die oorspronklike naam was die "Huis van 'n miljoen jaar van Oesermaätra-setepenra, wat met die stad Thebe in die Domein van Amon verbind".[1] Oesermaätra-setepenra was die praenomen van Ramses II.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search