Rampokkerstaat

'n Rampokkerstaat (ook staat-korporatiewe misdaad) verwys na 'n land waar misdaad (gewoonlik in die vorm van georganiseerde misdaad) sulke afmetings aangeneem het dat die land onregeerbaar is en wet en orde nie meer gehandhaaf kan word nie.

In die kriminalistiek verwys die begrip staat-korporatiewe misdaad na misdade wat voortspruit uit die verhouding tussen die beleid van die staat en die beleid en praktyke van kommersiële korporasies (maar ook individue).

Die term staat-korporatiewe misdaad is geskep deur Kramer en Michalowski (1990) en deur Aulette en Michalowski (1993) herdefinieer. Hierdie omskrywings word bedoel om alle "maatskaplik-nadelige dade" in te sluit, en nie bloot die wat deur die plaaslike kriminele jurisdiksie as misdaad gedefinieer word nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search