'n Reeksmoordenaar word gewoonlik gedefinieer as 'n individu wat drie of meer mense[1][2] oor 'n tydperk van meer as 'n maand vermoor het, met 'n rusperiode (of sogenaamde "afkoelingsperiode") tussenin. Die motivering vir die moorde is dikwels sielkundige bevrediging.[3][4] Sommige bronne soos die FBI definieer die term as "'n reeks van twee of meer moorde, wat op verskillende geleenthede gepleeg is – gewoonlik, maar nie altyd nie, deur 'n enkele oortreder wat alleen optree".[4][5] Dikwels is daar 'n seksuele element aan die moorde verbonde, maar volgens die FBI sluit motiverings vir reeksmoorde "toorn, opwinding, profyt en aandag soek" in.[5] Dit is moontlik dat die moorde 'n patroon volg en dat die slagoffers iets gemeen het, soos beroep, ras, voorkoms, geslag of ouderdomsgroep.[6]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search