Rekenaarhardeware

Skets van 'n persoonlike rekenaar
1. Rekeraarskerm (monitor) 5. Uitbreidingskaarte
2. Moederbord 6. Kragtoevoer
3. SVE 7. Optiese skyf
4. Geheue (RAM) 8. Hardeskyf
9. Sleutelbord 10. Muis

Rekenaarhardeware (ook soms apparatuur genoem, teenoor sagteware of programmatuur) behels die tasbare komponente waaruit 'n rekenaar bestaan. Die onderskeid tussen hardeware en sagteware is soms onduidelik, byvoorbeeld in die geval van fermware.

Sekere komponente kom in meeste rekenaars voor: verwerker, geheue, kommunikasiebus(se), toevoer- en afvoertoestelle.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search