Rekenkunde

Rekenkunde het betrekking op die praktiese bewerking van getalle. Die rekenkunde is dan ook vroeër l’arte min ore ("die kleinere kuns") genoem in teenstelling met die meer teoretiese I'arte maggiore ofte wel algebra. Die algebra is veral toegespits op die teorie van rekenkundige bewerkings en die oplos van vergelykings.

Die onderskeid tussen rekenkunde en algebra kan egter nie altyd baie skerp getref word nie. Die kuns van die rekenkunde word al lank bedryf, en dit was 'n praktiese vaardigheid wat byvoorbeeld deur priesters, astroloë en handelaars in Egipte, Babilonië en China beoefen is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search