Rekenliniaal

Rekenliniaal is 'n instrument waarmee talle berekenings vinnig en eenvoudig gedoen kan word. Naas die lineêre en logaritmiese skale op die liniaal is dit dikwels ook van bykomende skale vir funksies soos sin, cos en tan voorsien. Die rekenliniaal word dikwels nog gebruik, hoewel die vinniger en noukeuriger elektroniese sakrekenaars dit waarskynlik heeltemal sal verdring.

Optel en aftrek kan gedoen word deur 2 gewone liniale met lineêre skaalindelings langs mekaar te verskuif. Vermenigvuldiging en deling kan op dieselfde manier gedoen word, mits die berekenings na optel en aftrek herlei kan word. Die beginsel van die rekenliniaal berus gevolglik op die volgende eienskappe van logaritmes:

log a + log b = log a.b

log a - Iog b = log a/b


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search