Renaissance

Michelangelo se Dawid.
Leonardo da Vinci se Vitruviaanse Man, 'n voorbeeld van die sintese van kuns en wetenskap tydens die renaissance.

Die term renaissance (/ʀənɛˈsɑ̃s/, Frans: "hergeboorte"; Italiaans: Rinascimento) verwys na die periode in die geskiedenis wat ná die Gotiek van die Middeleeue aanvang en in die barok afsluit, en dit omspan rofweg die 14de, 15de en 16de eeue. Die Franse term is afgelei van die Italiaanse rinascimento wat vanaf die 19de eeu gebruik is om na die kulturele herlewing van die Griekse en Romeinse Oudheid in die 14de tot 17de eeuse Europa te verwys. Sedert hierdie periode is die ontwikkeling van die wetenskappe, kuns en samelewing in teenstelling met die Middeleeue deur 'n groter individuele vryheid van die mens gekenmerk.

Die term het 'n meer spesifieke betekenis as een van die periodes in die kunsgeskiedenis, maar word ook algemeen gebruik om na die hergeboorte van sekere waardes, geboue, 'n historiese tydperk of waardestelsel te verwys.

Florence was die hoofstad van die renaissance.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search