Rendier

Rendier
Tydperk: Pleistoseen – hede
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Rangifer

(C.H. Smith, 1827)
Spesie:
R. tarandus
Binomiale naam
Rangifer tarandus
(Linnaeus, 1758)
Subspesies

Sien teks.

Rendier-habitats in Noord-Amerika en Eurasië.

Die rendier (Rangifer tarandus), in Noord-Amerika ook bekend as die kariboe,[2] is ’n spesie Hertagtiges wat inheems is aan die arktiese, subarktiese, toendra- en bergstreke van Noord-Europa, Siberië en Noord-Amerika.[1] Dit sluit bevolkings in wat op dieselfde plek bly en dié wat rondtrek. Die diere word soms ook takbokke genoem, hoewel laasgenoemde term eintlik na alle herte verwys.

Hoewel hulle oor die algemeen wydverspreid en talryk is,[1] is sommige subspesies skaars en minstens een het al uitgesterf.[3][4]

Rendiere wissel aansienlik in kleur en grootte. In die meeste bevolkings groei albei geslagte jaarliks nuwe gewei (takbokhorings), maar in ’n paar spesies het die ooie nie gewei nie. Die ramme se gewei is gewoonlik baie groot.

Die jag en aanhou van rendiere (vir die vleis, vel, melk en vervoer) is belangrik vir sommige arktiese en subarktiese volke.[5] In Lapland trek rendiere sleë,[6] nes die vlieënde rendiere in stories oor Kersvader.[7]

Die hele tarandus-spesie word vanweë sy verspreiding en groot bevolkings deur die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUBN) gelys as "laer risiko",[8] hoewel sekere subspesies, bevolkings en troppe in Noord-Amerika aan die afneem is[9][10][11] en een subspesies, die ikoniese noordelike boslandkariboe, sedert 2002 deur die Kanadese bewaringsvereniging COSEWIC as "bedreig" beskou word.[12]

  1. 1,0 1,1 1,2 Henttonen, H. & Tikhonov, A. (2008). Rangifer tarandus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 29 April 2010.
  2. Flagstad, Oystein; Roed, Knut H (2003). "Refugial origins of reindeer (Rangifer tarandus L) inferred from mitochondrial DNA sequences" (PDF). Evolution. 57 (3): 658–670. doi:10.1554/0014-3820(2003)057[0658:roorrt]2.0.co;2. PMID 12703955. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 September 2006. Besoek op 4 Januarie 2013.
  3. Peter Gravlund, Morten Meldgaard, Svante Pääbo, en Peter Arctander (1998). "Polyphyletic Origin of the Small-Bodied, High-Arctic Subspecies of Tundra Reindeer (Rangifer tarandus)". Molecular Phylogenetics and Evolution. 10 (2): 151–9. doi:10.1006/mpev.1998.0525. PMID 9878226.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  4. Byun, S.A.; Koop, B.F. en Reimchen, T.E. (2002). "Evolution of the Dawson caribou (Rangifer tarandus dawsoni)". Can. J. Zool. 80 (5): 956–960. doi:10.1139/z02-062.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  5. Ernest S. Burch, Jr. (1972). "The Caribou/Wild Reindeer as a Human Resource". American Antiquity. 37 (3): 339–368. doi:10.2307/278435. JSTOR 278435.
  6. "The Sámi and their reindeer" (in Engels). Austin, Texas: University of Texas. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2014. Besoek op 15 Januarie 2014.
  7. Burgess, Philip (15 Desember 2008). "Flying Reindeer and Santa Claus: Fact, Fiction and Myth". International Centre of Husbandry, Norway. Besoek op 15 Januarie 2014.
  8. Henttonen, H.; Tikhonov, A. (2008), Rangifer tarandus, International Union for Conservation of Nature, URL besoek op 13 September 2014
  9. "Inuit, Inuu, Cree in Quebec and Labrador join forces to protect Ungava caribou: a united and powerful voice that will endeavour to preserve caribou", Nunatsiaq News, 26 April 2013, URL besoek op 14 Januarie 2014
  10. Campbell, M.; Nishi, J.; Boulanger, J. (2010), A calving ground photo survey of the Qamanirjuaq migratory barren-ground caribou (Rangifer tarandus groenlandicus)
  11. McCloskey, Erin (2011), "Caribou", Wolves in Canada, Lone Pines, pp. 72–82, ISBN 978-1-55105-872-6
  12. "Designatable Units for Caribou (Rangifer tarandus) in Canada" (PDF), COSEWIC (Ottawa, Ontario: Committee on the Status of Endangered Wildlife in Canada), 2011: 88, URL besoek op 18 Desember 2013

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search