Rente

Amerikaanse rente vanaf Julie 1954 tot einde 2009.

Rente is die prys wat 'n lener aan 'n uitlener betaal vir die gebruik van 'n bate, wat die kapitaal genoem word. Enkelvoudige rente is wanneer slegs die kapitaalbedrag rente verdien, m.a.w. rente wat reeds verdien is, verdien nie ook rente nie. Enkelvoudige rente word bereken volgens die volgende formule:

Waar:

  • S = toekomstige waarde
  • K = aanvanklike hoofdeposito
  • i = jaarlikse rentekoers
  • n = aantal jare

In die praktyk is enkelvoudige rente egter 'n rare verskynsel. Saamgestelde rente is meer algemeen, en is die geval waar rente verdien word op die beginsel tesame met rente wat in vorige periodes verdien is, m.a.w. K rand belê teen 'n saamgestelde rentekoers van i per jaar word ná een jaar K(1 + i), ná twee jaar K(1 + i) plus rente op K(1 + i), m.a.w. K(1 + i) + iK(1 + i) = K(1 + i)2, ná drie jaar word dit K(1 + i)3, en ná n jaar word dit K(1 + i)n.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search