Robot

'n Robot is 'n masjien, veral een wat deur 'n rekenaar programmeerbaar is, wat in staat is om 'n ingewikkelde reeks aksies outomaties uit te voer. Robotte kan deur 'n eksterne beheertoestel gelei word, of die beheer kan binne die robot ingebed wees. Robotte kan gebou word sodat hulle soos mense lyk, maar die meeste robotte is masjiene wat ontwerp is om 'n taak uit te voer sonder om hul estetika in ag te neem.

Robotte kan outonoom of semi-outonoom wees. Deur 'n lewensgetroue voorkoms na te boots of bewegings te outomatiseer, kan 'n robot 'n gevoel van intelligensie of eie gedagtes oordra. Dit word verwag dat outonome dinge in die komende dekade sal vermeerder,[1] met tuisrobotika en outonome-karre as van die belangrikste drywers.[2]

Die tak van tegnologie wat handel oor die ontwerp, konstruksie, werking en toepassing van robotte, sowel as rekenaarstelsels vir die beheer, sensoriese terugvoer en inligtingverwerking staan bekend as robotika.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named conres
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named df

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search