Roosbottel

Roosbottels van Rosa rugosa.

’n Roosbottel is die vrug van die roosplant. Dit is gewoonlik rooi tot oranje, maar kan ook in sommiges spesies van donkerpers tot swart wissel. Roosbottels begin vorm ná die suksesvolle bestuiwing van blomme in die lente of vroeë somer, en word ryp in die laat somer tot herfs.

Rose word voortgeplant deur die saad (dopvrugte) uit die roosbottels te verwyder en hulle net onder die oppervlak van die grond te saai. Dit kan maande duur voordat hulle ontkiem. Sommige spesies het ’n verkoelingstydperk nodig en kan eers ná twee winters ontkiem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search