Rouen

Rouen

Kaart Wapen
Vlag
 Land Frankryk
 Région (gewes) Haute-Normandie
 Département Seine-Maritime
 Koördinate 49°26′N 1°06′O / 49.433°N 1.100°O / 49.433; 1.100
 Stigting 40 v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 21,38 vk km
 Hoogte bo seevlak 2-152 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2010) 110 933
 - Bevolkingsdigtheid 5 189/vk km
 - Metropolitaanse gebied 652 818
 Tydsone UTC +1
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester Yvon Robert
 Amptelike webwerf rouen.fr
'n Uitsig oor die moderne Rouen

Rouen is die historiese hoofstad van Normandië en tans die hoofstad van die région (gewes) Haute-Normandie en die prefektuur van die département Seine-Maritime in die noordweste van Frankryk, met 'n oppervlakte van 21,38 vierkante kilometer en 110 688 inwoners (2009). Die metropolitaanse gebied van Rouen het 'n bevolking van 649 291. Die hawe, wat sowat 120 kilometer van die see af lê, is die vierde grootste in Frankryk.

Die stad is 'n belangrike nywerheids- en met meer as 40 000 studente ook 'n akademiese sentrum in Frankryk.

Rouen was tydens die Middeleeue een van die grootste en welvarendste stede in Europa. Die stad dien as die hoofkwartier van die tesourier van Normandië en as een van die setels van die Anglo-Normandiese dinastieë, wat in die tydperk tussen die 11de en 15de eeu Engeland en groot dele van die huidige Frankryk regeer het.

Johanna van Arkel is in 1431 deur die Engelse op Rouen se ou markplein op die brandstapel tereggestel.

Rouen is deur die Franse geskiedkundige Jules Michelet (1798–1874) as 'n opelugmuseum ("ville musée") beskryf. Die stad het ondanks sy rol as 'n moderne nywerheidsentrum sy Middeleeuse stadskern met pragtige historiese geboue en klein straatjies bewaar.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search