Samhain

Die wiel van die jaar
Die ingang van Dumha na nGiall, Ierland; net soos by ander ganggrawe word die grafkamer tydens Samhain en Imbolc verlig
Samonios in die kalender van Coligny

Samhain (Iers-Gaelies: [ˈsˠəunʲ]; Skots-Gaelies: [ˈs̪ãũ.ɪɲ]; Manx-Gaelies: Sauin, [ˈsoːɪnʲ]) is die eerste fees in die tradisionele Keltiese jaarsiklus, wat oorspronklik in die nag van die elfde nuwemaan gevier word. Dit is later na die nag van die 31 Oktober tot 1 November geskuif.

Die naam is vermoedelik afgelei van die Keltiese term sam-fuin of "einde van die somer". Die Keltiese jaar het net twee jaargetye geken – 'n helder en 'n donker. Samhain het die begin van die donker halfjaar gesimboliseer – een van twee dae in die jaar waarop die oorlede voorvaders hulle lewende bloedverwante kom besoek het (die ander dag is Beltane). Om die weg vir hulle te markeer, is ligte in die vensters geplaas – 'n tradisie wat deesdae nog in vorm van die uitgeholde pampoene van Halloween voortleef). Tegelykertyd was Samhain die begin van die nuwe jaar (alhoewel hierdie stelling weens die gebrek aan outentieke oorlewerings deur sommige deskundiges bevraagteken word).

Samhain se besonderheid het in die feit gelê dat in hierdie nag sowel deur die einde van die ou jaar asook deur die begin van die donker jaargety 'n soort breuk in die tydstroom opgetree het. In hierdie nag is die wêreld van die lewendes en die wêreld van die oorledenes net deur 'n dun sluier van mekaar geskei. Die oorledenes het dus die moontlikheid gekry om hulle voormalige tuistes te besoek en is dikwels deur die lewendes met kos en drank onthaal. Die lewendes het egter al vroeg gaan slaap om nie die oorledenes te ontmoet en sodoende moontlik per ongeluk in die valse wêreld te beland nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search