Sauroposeidon

Nekwerwels van ’n Sauroposeidon.

Sauroposeidon
Tydperk: Vroeë Kryt 112 m. jaar gelede
Die grootte in vergelyking met dié van ’n mens. Die geïsoleerde nekwerwels is in wit. Elke vierkant = 1 m.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Klas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Superfamilie:
Familie:
Genus:
Sauroposeidon

(Wedel, Cifelli & Sanders, 2000)
Binomiale naam
Sauroposeidon proteles
(Wedel, Cifelli & Sanders, 2000)
Sinonieme

Paluxysaurus jonesi ( Rose, 2007)

Sauroposeidon
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Dinosauria
Suborde: Sauropodomorpha
Klade: Titanosauriformes
Klade: Somphospondyli
Genus: Sauroposeidon
(Granger & Gregory, 1923)

Sauroposeidon ("aardbewinggod-akkedis", na die Griekse god Poseidon[1]) was ’n genus souropode-dinosourusse wat bekend is uit verskeie onvolledige fossiele wat in die Amerikaanse state Oklahoma, Wyoming en Texas gevind is. Dit kom uit rotse uit die Vroeë Kryt-periode, ’n tyd toe die diversiteit van souropodes in Noord-Amerika grootliks afgeneem het. Dit was die laaste bekende Noord-Amerikaanse souropode voor ’n afwesigheid van sowat 40 miljoen jaar van die groep op die kontinent – tot met die verskyning van Alamosaurus tydens die Maastricht-tydsnede.

Hoewel die holotipe aanvanklik in 1994 ontdek is, is dit vir versteende hout aangesien vanweë die onverwagte ouderdom en besondere grootte daarvan. ’n Vollediger ontleding in 1999 het die ware aard daarvan onthul en ’n klein media-opskudding veroorsaak. Die amptelike bekendmaking daarvan het in 2000 gevolg.[2]

  1. Wedel, Mathew J.; Cifelli, Richard L. (Summer 2005). "Sauroposeidon: Oklahoma's Native Giant" (PDF). Oklahoma Geology Notes. 65 (2): 40–57. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2008. Besoek op 12 April 2014.{{cite journal}}: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link)
  2. Wedel, Mathew J.; Cifelli, R.L.; Sanders, R.K. (2000). "Osteology, paleobiology, and relationships of the sauropod dinosaur Sauroposeidon" (PDF). Acta Palaeontologica Polonica. 45: 343–3888.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search