Seine

Seine-rivier
Vragbote op die Seine naby La Défense, Parys
Vragbote op die Seine naby La Défense, Parys
Vragbote op die Seine naby La Défense, Parys
Die stroomgebied van die Seine
Stroomgebied Frankryk
Oorsprong Source-Seine
Monding Le Havre, Frankryk
Engelse Kanaal
Lengte 776 km (482 myl)
Oorsprong-hoogte 471 m (1 545 voet)
Monding-hoogte 0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop 500 m³/s (18 000 vt³/s)
Stroomgebiedopp. 78 650 km² (30 370 myl²)
Ligging van Seine-rivier op 'n kaart (Frankryk)
Seine-rivier
Seine-rivier
Koördinate: 49°26′5″N 0°7′3″O / 49.43472°N 0.11750°O / 49.43472; 0.11750Koördinate: 49°26′5″N 0°7′3″O / 49.43472°N 0.11750°O / 49.43472; 0.11750
Kaart van die Seine-bekken in Frankryk
Kaart van die Seine-bekken in Frankryk
Kaart van die Seine-bekken in Frankryk

Die Seine (Frans: la Seine, uitgespreek: [la sɛːn]) is die tweede langste rivier in Frankryk na die Loire. Dit ontspring sowat 30 kilometer noordwes van Dijon by Seine-Source ("Bron van die Seine"), 'n klein dorpie op die Noordoos-Franse Langres-plato, vloei in noordwestelike rigting deur Parys en mond in Le Havre in die Engelse Kanaal uit. Die Seine het 'n lengte van 776 kilometer en dreineer saam met sy syriviere 'n stroomgebied van sowat 78 700 km².

Die Seine word as een van Europa se groot historiese riviere gereken, maar veral word dit verbind met die Franse hoofstad Parys wat sy oorsprong op twee riviereilande, Île de la Cité en Île Saint-Louis, het. Hier kon die Seine maklik oorgesteek word. Die hoër geleë terrein aan die regteroewer is net soos die gebied by die Montagne Sainte-Geneviève, een van die Paryse heuwels in die huidige Quartier Latin aan die suidelike oewer, nie deur oorstromings geraak nie. Aan die suidelike linkeroewer van die Seine het die Romeinse nedersetting Lutetia, voorloper van die moderne Parys, ontstaan, terwyl die regteroewer noord van die Seine vanaf die middeleeue die middelpunt van Parys se seehandel geword het. Hier het skepe uit die hele Europa aangedoen.[1]

Die vrugbare hartland van sy rivierbekken in die Île-de-France was die bakermat van die Franse monargie en die kerngebied van waar later Frankryk as een van die groot Europese nasiestate sou uitbrei. Vandag is die streek steeds die politieke, ekonomiese en kulturele spilpunt van Frankryk.

  1. Dr. Madeleine Reincke en Hilke Maunder: Paris. Ostfildern: Mairdumont – Karl Baedeker 2013, bl. 13

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search