Sewastopol

Sewastopol • Севастополь

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Oekraïne Oekraïne
Vlag van Rusland Rusland
 Deelgebied Sewastopol-oblast
Republiek Krim
 Stigting 1783
 Oppervlakte:  
 - Totaal 864 vk km
 Hoogte bo seevlak 100 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2013) 344 479
 - Bevolkingsdigtheid 1 972/vk km
 Tydsone MSK / UTC +4
 Goewerneur (waarnemend) Sergei Menjailo
 Amptelike Webwerf sev.gov.ua

Sewastopol (voorheen Sebastopol; Oekraïens en Russies: Севасто́поль) is ’n hawestad wat aan die Swartsee geleë is. Dit het ’n bevolking van ongeveer 393 304 (2014),[1] waarvan omtrent 71,6% van Russiese afkoms is.[2] Dit is die grootste stad op die Krimskiereiland. Sy status word tans deur Rusland en Oekraïne betwis – Rusland en Sewastopol self beskou dit as ’n federale stad van Rusland, terwyl die meeste ander lande dit as deel van Oekraïne beskou.

Satellietbeeld van Sewastopol
Sewastopolbaai.
Rotsformasies aan die kus van Sewastopol.

Rusland het steeds ’n vlootbasis in Sewastopol en dit is ook die hoofkwartier van die Russiese vloot in die Swartsee. Die ligging en vaarbaarheid van die stad se hawens het Sewastopol deur sy geskiedenis ’n strategies belangrike stad en vlootbasis gemaak.

Sewastopol is 'n belangrike toeristebestemming vir mense uit die voormalige Sowjetunie vanweë sy subtropiese klimaat (gematigde winters en matig warm somers). Hoewel dit relatief klein is teen 864 km2, het die stad se unieke vloot- en martieme kenmerke tot ’n sterk ekonomie bygedra.

Die stad is ook ’n belangrikse sentrum vir navorsing oor mariene biologie. Veral die dolfyne in die stad word al sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog nagevors en opgelei.

In 2014 is die stad, met die res van die Krim, deur Rusland geannekseer. Dit volg nadat die plaaslike bevolking ’n referendum uitgeroep en oorweldigend ten gunste van hereniging met Rusland gestem het.[3]

  1. Russian Federal State Statistics Service (2014). "Таблица 1.3. Численность населения Крымского федерального округа, городских округов, муниципальных районов, городских и сельских поселений" [Table 1.3. Population of Crimean Federal District, Its Urban Okrugs, Municipal Districts, Urban and Rural Settlements]. Федеральное статистическое наблюдение «Перепись населения в Крымском федеральном округе». ("Population Census in Crimean Federal District" Federal Statistical Examination) (in Russian). Federal State Statistics Service. Besoek op 4 Januarie 2016.
  2. "Oekraïense volkstelling 2001". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 November 2007. Besoek op 7 Januarie 2013.
  3. Gutterman, Steve. "Putin signs Crimea treaty, will not seize other Ukraine regions" (in Engels). Reuters.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 26 Maart 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search