Sewendedagadventisme

Ellen G.White, een van die stigters van die beweging.
Die heel eerste kerkgebou van die Sewendedagadventistekerk in Afrika en Australië, opgerig omstreeks 1890 in Beaconsfield, is vandag 'n nasionale gedenkwaardigheid.

Die Sewendedag-Adventiste is 'n Christelike kerkverband waarvan die lidmate glo dat Jesus in die nabye toekoms na die aarde sal terugkeer. Anders as die meeste ander Christelike groepe, onderhou hulle Saterdag (en nie Sondag nie) as hul godsdienstige rusdag. Die Sewendedag-Adventiste kerk in Suider-Afrika het in 1887 ontstaan en die eerste sendingstasie, in Rhodesië, het in 1893 tot stand gekom.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search