Sharpeville-slagting

Skildery wat die slagting uitbeeld.

Die Sharpeville-slagting was 'n gewelddadige botsing tussen betogers en die polisie in die gelyknamige township in die Vaaldriehoek, teen die destydse paswette.

Sharpeville, wat na John Sharpe, 'n burgemeester van Vereeniging, vernoem is, was op 21 Maart 1960 die toneel van die sogenaamde "Sharpeville-slagting", waarvan die internasionale gemeenskap met skok kennis geneem het en wat aanleiding tot landwye opstande gegee het. Daar is beweer dat die swart betogings in Sharpeville tot 'n paniekbevange reaksie deur die polisie gelei het. 'n Geregtelike ondersoek het getoon dat die meeste van die 69 slagoffers van agter geskiet is.

Die slagting is gefotografeer deur fotograaf Ian Berry, wat aanvanklik gedink het die polisie skiet loskruitpatrone.[1] In die huidige Suid-Afrika word 21 Maart as 'n openbare vakansiedag ter ere van menseregte en ter herdenking van die Sharpeville-slagting gevier.

Die regering van Hendrik Verwoerd het 'n noodtoestand verklaar en 'n verbod op die African National Congress en die Pan Africanist Congress, van Robert Sobukwe, geplaas. Nelson Mandela het daarop sy beleid van vreedsame verset laat vaar en die ANC se militêre vleuel, die Umkhonto we Sizwe, gestig.

  1. Macdonald, Fiona. "The photos that changed history – Ian Berry; Sharpeville Massacre". www.bbc.com (in Engels). Besoek op 12 Desember 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search