Sianobakterie

Sianobakterieë
Tydperk: 3500–0 m. jaar gelede
Tolypothrix sp.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Cyanobacteria

Sianobakterieë (filum Cyanobacteria), ook blou- of blougroenwiere genoem, staan dikwels – ontereg – as blougroenalge bekend – of meer tereg – as blougroenbakterieë. Hulle is primitiewe klein organismes wat sedert hul ontstaan in die Prekambrium glad nie verander het nie. Hulle is prokariotiese organismes wat fotosintese vermag.

Hulle is akwaties (in water lewend) en dikwels eensellig, hoewel hulle ook matte kan vorm, wat dan deur hulle blougroen kleur verraai word. Hulle is een van die oudste lewensvorme op aarde en het dalk reeds tussen 2 en 3,5 miljard jaar gelede bestaan. Sianobakterië was dalk verantwoordelik vir die Groot Suurstofkatastrofe. Fossielmatte wat stromatoliete genoem word het veral die Mesoproterosoïkum oorheers en kan vandag nóg op talle plekke aangetref word.[1]

  1. "ucmp Berkeley U." (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search