Sirkadieseritmeslaapsteuring

Sirkadieseritmeslaapsteuring
Klassifikasie en eksterne bronne
ICD-10 F51.2, G47.2
ICD-9 327.3, 780.55
MeSH D021081
Mediese waarskuwing

Sirkadieseritmeslaapsteurings (SRSS) is ’n groep slaapsteurings wat die tyd van slaap aantas. Dit ontstaan uit ’n volgehoue patroon van slaap/wakker-versteurings wat veroorsaak kan word deur óf ’n disfunksie van ’n mens se sirkadiese horlosie óf ’n nieoplyning van ’n mens se interne wisselings en eksterne aanwysers. Mense wat aan die steurings ly, is dus geneig om op ongewone tye deur die dag aan die slaap te raak. Dit lei dikwels tot versteurde rus, waar iemand nie op "gewone" tye aan die slaap kan raak of wakker word vir werk, skool of ander sosiale verpligtinge nie.

Mense het nes ander organismes verskeie biologiese ritmes. Dié biologiese horlosies beheer prosesse wat daagliks wissel (byvoorbeeld liggaamstemperatuur, waaksaamheid en hormoonafskeiding), en skep so sirkadiese ritmes. Om te slaap of wakker te wees kan as een van dié daaglikse ritmes beskou word wat deur die biologiesehorlosiestelsel gereguleer word. Ons slaapsiklusse word streng beheer deur ’n reeks sirkadiese prosesse wat saamwerk en ons in staat stel om deur die nag aaneen te slaap en lank deur die dag wakker te wees. Net so kan versteurings in hierdie prosesse en die kommunikasiekanale tussen hulle lei tot probleme met slaappatrone. Saam word daarna as sirkadieseritmeslaapsteurings verwys.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search