Sitrus

Sitrus
Lemoene aan 'n boom (Citrus × sinensis)
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Sapindales
Familie: Rutaceae
Subtribus: Citrinae
Genus: Citrus
L.
Spesies en kruisings

Ancestral species:
Citrus maxima – (Pomelo)
Citrus medica – (Citron)
Citrus reticulata – (Mandarien)
Citrus micrantha – (Papeda)
Citrus hystrix
Citrus cavaleriei
Citrus japonicaKumquat


Belangrike kruisings:
Citrus × aurantiifolia – Lemmetjie
Citrus × aurantium – Bitter lemoen
Citrus × latifolia – Persiese lemmetji
Citrus × limonSuurlemoen
Citrus × limonia – "Rangpur"
Citrus × paradisiPomelo
Citrus × sinensisLemoen
Citrus × tangerinaNartjie
See also below for other species and hybrids.

Sinonieme[1]
Pomelo

Citrus (of Sitrus) is 'n genus van bedeksadige bome en struike in die Rutaceae familie. Plante in die genus produseer sitrus vrugte, insluitend belangrike gewasse soos lemoene, suurlemoene, pomelos, en lemmetjies.

Sitrus het klaarblyklik ontstaan in die deel van Suidoos-Asië wat deur Noordoos-Indië, Mianmar (Birma) en die Yunnan-provinsie van China begrens word.[2][3][4]

Dit is vandag een van die belangrikste vrugtesoorte ter wêreld. In sommige lande word ook parfuum van sitrusblomme vervaardig. Die vrug bevat suikers en sure, en die smaak daarvan hang af van watter van die twee in oormaat aanwesig is. Omdat sitrusvrugte ook 'n taamlike hoeveelheid askorbiensuur (of vitamien C) bevat, word dit gebruik om gebrekstoestande vanweë vitamienarme diëte te verhelp.

In die dae van seilskepe het vars vrugte en groente geheel en al ontbreek in die dieet van matrose op lang seereise. Hierdie gebrek aan vitamien C het die gevreesde skeurbuik by die matrose veroorsaak. Om hierdie rede het Jan van Riebeeck opdrag ontvang om 'n verversingstasie aan die Kaap te kom stig, en hy het ook gou reeds sitrusbome aangeplant, wat uitmuntend in die behoeftes van die verbygaande skepe voorsien het. Die lemoen is verreweg die belangrikste sitrusvrug.

  1. "Citrus L.". Plants of the World Online. Royal Botanic Gardens, Kew. Besoek op 10 September 2021.
  2. Frederick Gmitter and Xulan Hu, 1990. The possible role of Yunnan, China, in the origin of contemporary Citrus species (Rutaceae). Economic Botany 44(2):267–277 [1][dooie skakel]
  3. United Nations Conference on Trade and Development. Market Information in the Commodities Area: Citrus fruits [2] Geargiveer 5 Oktober 2010 op Wayback Machine
  4. Rainer W. Scora, 1975. On the history and origin of citrus. Bulletin of the Torrey Botanical Club 102(6):369–375 [3]

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search