Sjahada

Vyf Pilare van die Islam
'n Kalligrafie van die Sjahada in Arabies – in die vorm van 'n moskee
Arabiese Kalligrafie van die Sjahada by die Wazir Khan-moskee in Lahore, Pakistan

Die Sjahada (Arabies: الشهادة, aš-šahādah, [aʃ.ʃaˈhaːda], ; letterlik: "die getuienis") is die Islamitiese geloofsbelydenis en die eerste van die Vyf Pilare van die Islam. Met die Sjahada word die geloof in die eenwees van God (tawhid) en die erkenning van Mohammed as God se profeet uitgedruk.

Die Sjahada in sy kortste vorm lui soos volg:

لَا إِلٰهَ إِلَّا ٱلله مُحَمَّدٌ رَسُولُ ٱلله
lā ʾilāha ʾillā llāh muḥammadun rasūlu llāh
[laː ʔɪˈlaːha ˈʔɪl.lɑɫˈɫɑː mʊˈħammadʊn raˈsuːlʊlˈɫɑː]
"Daar is geen god behalwe Allah nie; Mohammed is die boodskapper van Allah"[1][2][3][4]
Audio (voorafgegaan deur die uitdrukking (wa) ašhadu ʾan — "(en) Ek getuig, dat...")

Die Sjiiete voeg gewoonlik 'n derde sin by:

وعليٌ وليُّ الله (wa ʿalīyyun walīyyu-llāh, [wa ʕaˈlɪj.jʊn waˈlɪj.jʊlˈɫɑː], "Ali is die Vriend van God")[5][6]

  1. (en) Malise Ruthven (Januarie 2004). Historical Atlas of Islam. Harvard University Press. p. 14. ISBN 978-0-674-01385-8. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 September 2015. Besoek op 12 Augustus 2015.
  2. (en) Richard C. Martín. Encyclopedia of Islam & the Muslim World. Granite Hill Publishers. p. 723. ISBN 978-0-02-865603-8.[dooie skakel]
  3. (en) Frederick Mathewson Denny (2006). An Introduction to Islam. Pearson Prentice Hall. p. 409. ISBN 978-0-13-183563-4. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2018. Besoek op 11 September 2017.
  4. (en) Mohammad, Noor (1985). "The Doctrine of Jihad: An Introduction". Journal of Law and Religion. 3 (2): 381–397. doi:10.2307/1051182. JSTOR 1051182.
  5. (en) E. Thomas Dowd, Stevan Lars Nielsen: The psychologies in religion : working with the religious client. Springer Pub. Co, New York, 2006, bl. 237.
  6. (de) Rudolf Fischer: Der Islam: Glaube und Gesellschaftssystem im Wandel der Zeiten : eine Einführung. Ed. Piscator, Oberdorf, 1992, bl. 49.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search