Sjatrandja

Iranse smeltglassjatrandjastel, 12de eeu. New Yorkse Metropolitaanse Kunsmuseum.

Sjatrandja شَطْرَنْج is 'n ou vorm van skaak wat uit Indië na Persië gekom het en vir byna 1000 jaar gewild was in Persië.[1] Die vroegste Persiese verwysing word aangetref in die Middelpersiese boek Karnamak-i Artaxshir-i Papakan wat tussen die 3de en 7de eeu geskryf is. Die antieke boek verwys na Sjah Ardashir I wat van 224–241 regeer het as 'n meester van die spel[2]

Sjatrandja het uit die nog ouer Indiese spel tsjastoeranga ontwikkel. Dit het in die vroeë Christentydperk uit Indië na Persië gekom.

Moderne skaak het geleidelik uit die spel ontwikkel.

  1. Pritchard, D. (1994). The Encyclopedia of Chess Variants. Games & Puzzles Publications. ISBN 0-9524142-0-1.
  2. Onbekende hofgeskiedkundige van die Sassaniede Ryk (before 628AD). The Karnamik-I-Ardashir, or The Records of Ardashir. http://www.fordham.edu/halsall/ancient/ardashir.html. {{cite book}}: Eksterne skakel in |publisher= (hulp); Gaan datum na in: |date= (hulp) Nota: Vine-Artakhsir is 'n verwysing na die spel wat as Nard belend gestaan het, 'n voorganger van triktak (Engels: Backgammon).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search