Skriba

Hierdie artikel handel oor kopieerders van manuskripte. Vir die sekretaris van ’n kerkraad, sien Skriba (kerksekretaris).
Jean Miélot, ’n Europese skrywer en skriba, aan die werk.
Moderne skribas met tikmasjiene buite ’n poskantoor in Mandi, Indië, 2010.

’n Skriba (in die Bybel skrifgeleerde genoem)[1] is iemand wat manuskripte professioneel kopieer, veral in die dae voor die uitvinding van die drukpers.[2]

Skribas, wat voorheen algemeen in talle kulture was, het hulle belangrikheid en status verloor met die uitvinding van die drukpers. Hulle het gewoonlik manuskripte en ander tekste gekopieer, sowel as sekretariële en administratiewe take verrig soos om sake- en regsbelange te behartig en historiese rekords vir konings, tempels en stede te hou. Dié beroepslui het later ontwikkel in staatsdiensamptenare, joernaliste, rekenmeesters, boekhouers, tikkers en regsgeleerdes.

In gemeenskappe met ’n lae geletterdheid kan skribas steeds op straathoeke aangetref word waar hulle ’n openbare diens lewer.[3]

  1. "Scribe" in Pharos aanlyn by [1] (intekening nodig). Besoek op 12 Maart 2021.
  2. Harper, Douglas (2010). "Scribe". Dictionary.com. Online Etymology Dictionary. Dictionary.com, LLC. Besoek op 6 Junie 2017.
  3. "Women of letters doing write for the illiterate". smh.com.au. Reuters. 12 Junie 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2018. Besoek op 25 Januarie 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search