Slawofilie

Slawofilie was 'n intellektuele beweging uit die 19de eeu wat wou hê dat die Russiese Ryk ontwikkel moet word op waardes en instellings wat uit die vroeë geskiedenis ontstaan het. Slawofiele het die invloed van Wes-Europa in Rusland teengestaan. [1] Daar was ook soortgelyke bewegings in Pole, Serwië, Kroasië, Bulgarye en Tsjeggo-Slowakye. Afhangend van die geskiedkundige konteks, kan die teenpool daarvan Slawofobie genoem word, naamlik 'n vrees vir die Slawiese kultuur, of wat sommige Russiese intellektuele "zapadnichestvo" noem.

  1. Encyclopædia Britannica Slavophile artikel

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search