Sloweens

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Slowene. Moenie verwar word met Slowaaks nie.
Sloweens
slovenski jezik, slovenščina 
Uitspraak: [slɔˈʋèːnski ˈjɛ̀ːzik], [slɔˈʋèːnʃt͡ʃina]
Gepraat in: Vlag van Slowenië Slowenië
Vlag van Oostenryk Oostenryk
Vlag van Italië Italië
Vlag van Hongarye Hongarye
Vlag van Kroasië Kroasië 
Gebied: Sentraal-Europa
Totale sprekers: 2,1 miljoen[1] 
Rang: 178
Taalfamilie: Indo-Europees
 Slawies
  Suid-Slawies
   Suidwes-Slawies
    Sloweens 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Flag of Europe Europese Unie
Vlag van Slowenië Slowenië
Friuli-Venezia Giulia
Karinthië
Stiermarke
Gereguleer deur: Sloweense Akademie vir Wetenskap en Kuns
Taalkodes
ISO 639-1: sl
ISO 639-2: slv
ISO 639-3: slv 
Verspreiding van Sloweens

Sloweens (slovenski jezik [slɔˈʋèːnski ˈjɛ̀ːzik] of slovenščina [slɔˈʋèːnʃt͡ʃina]) is 'n taal wat tot die Slawiese tale behoort. Binne die Slawiese tale vorm dit met Kroaties, Bosnies, Serwies, Macedonies en Bulgaars die Suid-Slawiese taalgroep. Daarnaas toon Sloweens ook bepaalde verhoudings met die Wes-Slawiese tale Slowaaks en Tsjeggies.[2] Die suidelike Wes-Slawiese volke (Tsjegge, Slowake en Slowene) is in die 9de eeu deur die Hongare se vestiging in die Pannoniese Laagvlakte van mekaar geskei.

Sloweens is die amptelike taal van Slowenië. Sedert 1 Mei 2004 is Sloweens een van die amptelike tale van die Europese Unie. Daarbenewens vorm Sloweens saam met Duits die amptelike tale van die Oostenrykse deelstate Karinthië en Stiermarke asook saam met Friulaans en Italiaans van die Italiaanse outonome streek Friuli-Venezia Giulia. Die aantal sprekers bedra sowat 2,1 miljoen mense, naamlik ongeveer 1,75 miljoen outochtone (inheemse) Slowene in Slowenië, Oostenryk, Italië en Hongarye en omtrent 350 000 immigrante in onder meer die Verenigde State, Argentinië, Kanada, Australië en Wes-Europa.

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Slovene" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 4 Mei 2016.
  2. Dular, Janez (2001). "Jezikovni položaj". Government of the Republic of Slovenia. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2016. Besoek op 4 Mei 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search