Sluis

Vir die nedersetting in Nederland, sien Sluis (munisipaliteit).
Shlisselburg, Rusland: 'n 4-kamersluis van 1736 in die monding van die ou Ladogakanaal in die Nevarivier.

Sluise (kanaalsluise) is deure of versperrings in kanale en ander waterweë wat dit vir vaartuie moontlik maak om van 'n waterweg met 'n laer na 'n waterweg met 'n hoër watervlak te vaar, of omgekeerd.

'n Sluis word by kanale en dokke gebruik om water tee te hou of uit te laat. Sodoende kan die waterafvoer of watervlakke beheer word. Sluise wat dikwels gebruik word, is uitwaterings -, inlaat-, keer-, kolk- en duikersluise. Die hoogteverskil tussen twee watervlakke word by skeepvaart deur middel van 'n skutsluis beheer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search