Soewereiniteit

Soewereiniteit is die reg van 'n administratiewe liggaam om die hoogste gesag uit te oefen sonder om aan 'n ander liggaam aanspreeklik te wees. In die politieke teorie is soewereiniteit 'n wesenlike term wat die oppergesag oor 'n politieke entiteit aandui.[1] Die model van die Westfale-soewereiniteit is die basis vir die proses van staatvorming in 'n groot deel van die moderne wêreld. Die konsep kom waarskynlik uit die Latynse superanus of supreme potestas.

Die legitimering van hierdie gesag kan vanuit verskillende perspektiewe benader word, soos populêre soewereiniteit of godsoewereiniteit. In moderne state kan alle regte gewoonlik teruggevoer word na die grondwet of konstitusie. Deur middel van die begrip soewereiniteit word aangedui hoekom die grondwet van toepassing is. In die geval van populêre soewereiniteit, byvoorbeeld so omdat die mense veronderstel is om hulself daardie grondwet te gee. In die geval van vorstesoewereiniteit, word die monarg geag die grondwet te gee.

In die internasionale reg is soewereiniteit 'n belangrike konsep, aangesien dit betrekking het op die respek vir mekaar se grense en die reg om gesag uit te oefen binne die grense van 'n nasionale staat, die reg tot selfbeskikking. Dit beteken dat 'n ander staat nie die reg het om in interne aangeleenthede in te meng nie en weerhouding van aggressie teen die soewereine staat. Soewereiniteit beteken ook dat 'n soewereine staat geen gesag oor 'n ander soewereine staat mag uitoefen nie.

  1. "sovereignty (politics)". Encyclopædia Britannica. URL besoek op 5 August 2010. 

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search