Die term sous verwys in die kookkuns na 'n vloeistof wat vir die voorbereiding van voedsel gebruik of by 'n gereg bedien word. Souse is nie geregte in hulle eie reg nie, maar word gebruik om smaak, vogtigheid of 'n aantreklike voorkoms aan 'n gereg te verleen. Feitlik alle volke oor die wêreld heen het verskeie soorte souse in hulle kookkuns ontwikkel.
Die woord sous is 'n Franse leenwoord (afgelei van sauce) en het sy etimologiese oorsprong in die Latynse salsus ("gesout").
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search