Soweto-opstand

Die Hector Pieterson-gedenkteken in Orlando-Wes, Soweto

Die Soweto-opstand was 'n reeks van betogings deur hoërskoolleerders in Suid-Afrika, wat die oggend van 16 Junie 1976 begin het.[1]

Leerders uit talle skole in Soweto het in die strate gaan betoog teen die regering se instelling van Afrikaans as die onderrigtaal in swart skole.[2] Nagenoeg 20 000 leerders het aan die protesaksie deelgeneem en die polisie het met brutale geweld teen hulle opgetree. Die dodetal, wat oor die algemeen as amptelike syfers genoem word, is 176, maar daar word geraam dat tot 700 dood is.[3][4][5] Ter herdenking aan die gebeure van 16 Junie 1976 is die 16de Junie deesdae in Suid-Afrika 'n openbare vakansiedag, genaamd Jeugdag.[6]

  1. "The birth and death of apartheid" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 17 Junie 2002.
  2. The Youth Struggle http://www.sahistory.org.za/pages/governence-projects/june16/june16.htm, 30.10.13
  3. 16 June 1976 Student Uprising in Soweto. africanhistory.about.com
  4. Harrison, David (1987). The White Tribe of Africa.
  5. (Les Payne of Newsday said at least 850 murders were documented) Elsabe Brink; Gandhi Malungane; Steve Lebelo; Dumisani Ntshangase; Sue Krige, Soweto 16 June 1976, 2001, 9
  6. 16 Junie 1976: 'This is our day'.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search