Spesie

LeweDomeinKoninkrykFilumKlasOrdeFamilieGenusSpesie

In biologie, is 'n spesie (ook soms die soort genoem) die basiese eenheid van biodiversiteit. In die wetenskaplike klassifikasiesisteem, word 'n spesie aangedui deur 'n frase van twee woorde in Latyn. Die genusnaam is eerste, gevolg deur die spesienaam. Die mens word byvoorbeeld as 'n spesie aangedui as volg: Homo (die genus) en sapiens direk daarna, as die spesie. Die spesie is nie net die laaste woord nie, maar die hele frase: Homo sapiens. Hierdie stelsel is gegrond op die werk van veral Carolus Linnaeus in die 1700's. Op daardie tydstip is daar gedink dat spesies onafhanklike skeppingsdade van God was, en dus objektief onveranderbaar.

Sedert die opkoms van die evolusieleer, het die begrip van die woord spesie groot verandering ondergaan. Desnieteenstaande is daar steeds geen wetenskaplike konsensus oor die betekenis daarvan nie. Die mees algemeen aanvaarde definisie is dié van Ernst Mayr: spesies is groepe natuurlike bevolkings wat inderdaad of potensieel kan onderteel, maar voortplantingsgesproke, geïsoleerd van ander soortgelyke groepe is.

'n Baie growwe skatting van die aantal geïdentifiseerde spesies is as volg [1] Geargiveer 21 April 2006 op Wayback Machine: 287 655 plante; 10 000 mosse; 1 190 200 ongewerweldes (insluitende 950 000 insekte); en 57 739 gewerweldes, (insluitende 28 500 visse, 5 743 amfibiese spesies, 8 163 reptiele, 9 917 voëls, en 5 416 soogdiere).

Die wetenskaplike naam van 'n spesie word in skuinsdruk geskryf. As daar na 'n onbekende spesie verwys word, word die afkorting "sp." (in die enkelvoud) of "spp." (in die meervoud) geplaas in die tweede deel van die spesiefrase.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search