Spider-Man

Spider-Man
’n Beeld van die betrokke karakter.
Spider-Man in Madame Tussauds in Londen.

Skepping
Eerste verskyning Amazing Fantasy #15
(Augustus 1962)
Geskep deur Marvel Comics
Stan Lee en Steve Ditko
Uitgebeeld deur O.a. Danny Seagren, Tobey Maguire, Andrew Garfield, Tom Holland
Inligting
Byname O.a. Spidey, Webhead, Webslinger, Wall-Crawler, Masked Marvel, Webspinner, Dusk, Hornet, Ben Reilly, Scarlet Spider
Alter ego Peter Benjamin Parker
Spesie Mutant

Spider-Man is 'n superheld in Amerikaanse strokiesverhale van Marvel Comics. Die karakter is deur die skrywer-redakteur Stan Lee en kunstenaar Steve Ditko geskep en verskyn die eerste keer in Amazing Fantasy #15 (Augustus 1962). Hy is te sien in onder andere strokiesverhale, rolprente, televisieprente en videospeletjies.

Spider-Man se geheime identiteit is Peter Benjamin Parker, 'n tienderjarige hoërskoolleerling. Hy is 'n weeskind wat deur sy tante May en oom Ben in New York grootgemaak word nadat sy ouers, Richard en Mary Parker, in 'n vliegongeluk omgekom het. Lee en Ditko laat die karakter sukkel met adolessensie- en finansiële probleme, en hy het baie ondersteunende karakters soos Flash Thompson, J. Jonah Jameson en Harry Osborn. Onder sy romantiese verbintenisse tel Gwen Stacy, Mary Jane Watson en Black Cat, en sy vyande sluit in die Green Goblin, Doctor Octopus en Venom.

Van die akteurs wat al die rol van Spider-Man vertolk het, sluit in (van bo): Tobey Maguire, Andrew Garfield en Tom Holland.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search